Maak dit sommer maklik om elke Graad RRR-leerder se groei en ontwikkeling deur die jaar te volg met hierdie 34 bladsy vorderingsverslag, spesiaal saamgestel vir kinders van 3-4 jaar! ✏️💕
Hierdie handige boekie is perfek vir deurlopende waarneming, die aanteken van ontwikkelingsmylpale en terugvoer aan ouers deur al vier kwartale.
🌟 Wat is ingesluit?
✅ Ontwikkelingskontrolelyste vir al 4 kwartale wat fokus op:
- 🏃 Groot- en fynmotoriese ontwikkeling – Beweging, balans, handvaardighede en koördinasie.
- 🌈 Sensoriese ontwikkeling – Ontdekking deur aanraking, klanke, beweging en verskillende materiale.
- ❤️ Emosionele en sosiale ontwikkeling – Gevoelens, selfvertroue, vriendskappe en saam speel.
- 📚 Kommunikasie – Luister, verstaan, praat en die uitbreiding van woordeskat.
- 🔢 Vroeë Wiskunde – Tel, hoeveelhede, vorms, patrone en sortering.
- 🎨 Kreatiwiteit en wêreldkennis – Kuns, musiek, verbeeldingspel en die ontdekking van die omgewing.
- ⭐ Selfstandigheid en leerhouding – Daaglikse roetines, selfhelpvaardighede, aandag en spel.
✅ Maklike 4-punt-waarnemingskaal om elke leerder se ontwikkeling kwartaal vir kwartaal aan te teken.
✅ Kwartaallikse vorderingsbladsye met ruimte vir sterkpunte, ontwikkelingsareas, volgende doelwitte en kommentaar van onderwysers en ouers.
✅ Jaarlikse ontwikkelingsprofiel wat ‘n handige oorsig van elke leerder se vordering deur die jaar gee.
✅ Oulike voorbladopsies en ‘n persoonlike Oor my-bladsy met ruimte vir die leerder se foto.
🎯 Ideaal vir Graad RRR-juffrouens wat elke leerder se unieke ontwikkeling op ‘n georganiseerde, praktiese en liefdevolle manier wil volg!
📥 Formaat: Digitale, drukbare PDF (34 bladsye).
💡 Let wel: Hierdie verslag is bedoel vir natuurlike, deurlopende waarneming tydens spel en is nie ‘n formele toets of diagnostiese hulpmiddel nie.
Een boekie, vier kwartale en ‘n hele jaar se kosbare groeimylpale! 🌈🐺💕



















Reviews
There are no reviews yet.